top of page
arrow3.png

KULTUUR

Primêre Skool Jordania is baie meer as ‘n sterk akademiese instansie en of ‘n kompeterende sport-teenstander. Dit is egter ‘n plek waar leerders ‘n wye blootstelling tot ‘n verskeidenheid van kultuuraktiwiteite kry. Hierdeur kry hulle die geleentheid om as goed toegeruste volwassenes te ontwikkel.

10017916.png
Untitled design (8)_edited.jpg
kultuur

Koor

Eisteddfod

Ons leerders kry die geleentheid om elke 2 jaar aan die Bethlehem Eisteddfod deel te neem.  Leerders word ingeskryf in verskeie afdelings.  Ons leerders vaar baie goed elke jaar en ons behaal ‘n groot hoeveelheid A++ en meriete sertifikate.  Hierdie jaar gaan ons ook vir die Allegretto eisteddfod inskryf.  Leerders wat goed vaar tydens die kunswedstryd kry dan ook die geleentheid om by ons Prestige Kultuuraand op te tree.  Hierdie is ‘n spoggerige geleentheid waar leerders van Jordania hulle kultuur talente met ons deel. 

 

Jorrievaria  (Senior koor)

Vanaf 2024 het Jordania se senior koor ‘n nuwe naam naamlik JORRIEVARIA.  Jorrievaria beteken ‘n verskeidenheid van kunsvorme in een groep.  Die Jorrievaria leerders gaan die geleentheid kry om by die eisteddfod deel te neem.  Hulle neem ook deel aan ons Prestige Kultuuraand.  Ons fokus met die Jorrievaria groep is om leerders bloot te stel aan dans, sang en drama in ‘n groep. 

​

Die Blouvinkies (Juniorkoor)

Blou voÄ“ltjies, groot lag, en ‘n liedjie vol pret elkedag.

Vanaf 2024 het Jordania se junior koor ‘n nuwe naam naamlik die Blouvinkies.  Die leerders van die blouvinkies kry ook geleentheid om by verskeie kunswedstryde deel te neem sowel as by ons Prestige Kultuuraand.  Hier fokus ons grootliks op sang in verskeie vorme. ​​

487311752_1211810484277859_1074016058265765209_n.jpg
Koor
Musiek

Redenaars

ZIGZAG2.png

Hier by Jordania is ons baie entoesiasties oor redenaars en poog ons om soveel moontlik leerders daaraan bloot te stel. Ons hou ‘n interne redenaarskompetisie elke jaar in Februarie by die skool en die eerste drie wenners in ‘n kategorie word dan ingeskryf vir die ATKV se redenaarskompetisie.

 

Alle redenaars kry egter die geleentheid om by verskeie kompetisies en feeste deel te neem.  Ons neem jaarliks deel aan die Radikale Redenaars, Super 8, Skerpioenfees en die Senekal Redenaarsfees.  Onderwysers wat betrokke is by die redenaars is Juff. Frances van der Schyff.

Redenaars

Hierdie jaar is Die Voortrekkers 94 jaar oud. Kom wees deel van die Voories!

Dis n jaar van glorie!

Met kampe en spanbou in die natuur.

Kentekens, Pret & kultuur.

Bou van Christelike waardes, leierskap en lekker stap.

Elke maat kan daarby baat,

dis wat Voortrekkers lekker maak!

Wees by Jordania elke Maandag om vier uur en kom ervaar al die plesier.

Voortrekkers

491960758_1236657995126441_5599449389798094965_n.jpg
voortrekkers

Drama

Die leerders kan hul talent in toneelspel by Jordania uitleef. Drama word aangebied vir leerders vanaf Graad 4 tot Graad 7. Onder leiding van Me. Tanya Pretorius oefen die drama-leerders elke jaar aan ‘n Spreekkoor wat hul dan met spesiale geleenthede opvoer. Hierdie geleenthede is byvoorbeeld die Kunswedstryd waar ons Spreekkoor ‘n gedramatiseerde opvoering doen. Die spreekkoor het in 2014-2017 A++ toekennings ontvang tydens die Eisteddfod.

 

Drama word gebruik om kinders se talente, selfbeeld en selfvertroue te ontwikkel. Die skool skryf ook elke tweede jaar 10 leerders per graad in om aan die Kunswedstryd deel te neem. Hier kry leerders die geleentheid om ‘n gedig of prosa stuk op te voer.

Drama

Pom-Poms

Vir die afgelope 10 jaar word die Pom-Poms by Jordania aangebied.  Dit is slegs vir dogters van Graad 1 tot 3. 

 

Hierdie aktiwiteit se gewildheid het baie toegeneem die laaste 3 jaar en die groep word gereeld gevra om by funksies & skoue op te tree.  Die dogters neem deel aan verskeie kompetisies en vaar baie goed. Onder andere die Show Your Talent kompetisie, Revista ens. 

 

Die Pom-Poms kweek selvertroue by die meisies aangesien hulle gereeld by optredes betrokke is.

​

Die Pom-Poms word deur Nadine Brewis afgerig en staan onder hoof van Juf. Angè Nel, René de Beer en Dingena de Klerk.

fef84382ad879f9e47f8c3740d253a7f_edited.
WhatsApp Image 2025-06-09 at 13.02.26_b4ae3e5e.jpg
jorrie dollas
  • Volg ons op Facebook

© 2020 by JORDANIA. Proudly created by Pixillusions

van Riebeeckstraat, Posbus 474, BETHLEHEM,

Tel : 058 303 4116, Faks: 058 303 4264

Kontak Ons

Die Primêre Skool Jordania is ‘n skool met ‘n tradisieryke geskiedenis en is toekomsgerig om aan sy leerders net die beste opvoeding en geleenthede moontlik te verskaf.

bottom of page