top of page
arrow3.png

GESKIEDENIS

ZIGZAG1.png
banner2.png
ZIGZAG2.png

Die Primêre Skool Jordania het op 23 Junie 1958 sy deure geopen met 72 leerders en 3 onderwyseresse. Me. J.C. du Preez was aan die stuur van sake. Die oorspronklike geboue het uit drie klaskamers, ‘n saaltjie, ‘n kantoor en ‘n klein stoorkamertjie bestaan.

 

Aanvanklik het die skool onderrig gebied tot Standerd 2 (Graad 4), maar die skooltjie het vinnig gegroei totdat dit in 1966 ‘n volwaardige Primêre Skool geword het met die eerste Standerd 5 (Graad 7) klas. Op 15 Mei 1964 word die skool se kleurbaadjie vir die eerste keer deur ‘n Sub A (Graad 1) leerder, Louise Smit, gedra. Die skoollied is deur Mnr. A.H. Wasserman gekomponeer en getoonset en word die eerste keer deur leerders op 14 April 1966 gesing. Gedurende 2013 word ‘n nuwe, effekleur skoolbaadjie vir die leerders in gebruik geneem.

 

Die nuwe skoolgebou word op 7 September 1974 ingewy. Tans beskik die skool oor die mees moderne geboue en ‘n pragtige, goed ontwikkelde terrein. Die Primêre Skool Jordania het deur die jare gegroei tot die toonaangewende skool in die Oos-Vrystaat en word as een van die bestes in die provinsie gereken. Daar is tans sowat 870 leerders in die skool vanaf Graad R tot 7. Die skool beskik ook oor ‘n baie bekwame en uitgebreide personeelkorps wat die leerders in hulle opvoeding begelei.

 

Gedurende 2018 het Jordania sy 60-jarige bestaansjaar, met die jaartema "Op die voetspoor van voortreflikheid" gevier.

IMGBIN_drop-down-list-computer-icons-png

SKOOLHOOFDE

Wat deur die jare by die skool betrokke was, is:

banner NR2.png

Me. J.C du Preez

1958 – 1959

Mnr. N.A. Van R. Marais 

1959 – 1963

1964 - 1974

Mnr. P.A van der Merwe

1975 – 1993

1994 – 2011

2012 -

Mnr. I.A. De Villiers

Mnr. H. Badenhorst 

Dr. A. Smith 

Dr._André_Smith_-_Skoolhoof.jpg
BLOKS.png
banner3.png
ZIGZAG1.png
bottom of page