Primêre Skool
JORDANIA


WAARDES
Waardes tel 100%! Primêre Skool Jordania is verbind tot karakterbou. Deur die jaar word die 6 pilare van ‘n waardegedrewe lewe op elke moontlike wyse by ons leerders ingebou.
Die 6 pilare is:
-
Respek
-
Geloofwaardigheid
-
Verantwoordelikheid
-
Regverdigheid
-
Omgee
-
Goeie burgerskap
100% gesindheid in alles wat ons doen!
VISIE
Ons is mede-verantwoordelik vir ons leerders se toekoms.

MISSIE
Ons missie is dat elke ouer, leerder, opvoeder, administratiewe personeellid en werker hier by die skool, deel sal wees van ‘n hegte band, gesmee deur wedersydse lojaliteit, vertroue en liefde. Ons bied lewensruimte, geleenthede, kennis en geleerdheid binne gemeenskaplike waardes en norme.
Ten einde die skool se missie en visie te bereik, sal die volgende aspekte bevorder word:
​
-
Onderlinge respek tussen leerders.
-
Respek teenoor opvoeders en alle volwassenes.
-
Respek vir eiendom van die skool en ander se eiendom.
-
Respek vir die omgewing, wat insluit die bewaring van natuurlike hulpbronne.
-
Respek vir en verdraagsaamheid teenoor alle landsburgers se taal, kultuur en geloof.
-
Gehoorsaamheid aan die skoolreëls en landswette.
Jorrienuus
Weeklikse nuus, gebeure en aktiwiteite
JORRIE NUUS
Maandag
26 Jan
Swem - Fezile Dabi Gala
Dinsdag
27 jan
o/10 & o/11 dogters en seuns gewigstoot
Woensdag
28 jan
​
Kleur Atletiek
Donderdag
​
29 jan
Gewone skooldag
Vrydag
30 jan
Bhm Skole Atletiek
Gr. 1 - 3 (Goble Park)
Saterdag
31 jan
Bhm Skole Atletiek
Gr. 4 -7
(Goble Park)
Biathle Liga 3

Ekstra vir jou kind
.png)
